7 Moenie soos julle familie wees nie. Hulle was nie getrou aan die Here die God van hulle voorouers nie. Daarom het Hy hulle tot ’n bespotting gemaak onder die ander mense. Julle kan dit self sien.
8 Moenie so hardkoppig soos hulle wees nie. Aanvaar die Here se aanbod. Kom na sy tempel wat Hy vir altyd uitgekies het en kom dien die Here, julle God, sodat Hy nie vir julle kwaad bly nie.
9 As julle na die Here toe terugkom, sal die mense wat julle familie en kinders gevang het, hulle jammer kry. Hulle sal dan terugkom na hierdie land toe. Onthou, die Here julle God gee vir julle om. Hy loop oor van goedheid. As julle na Hom toe terugkom, sal Hy julle nie langer verwerp nie.
10 Die boodskappers het die brief van dorp tot dorp in Efraim en Manasse en so ver as Sebulon geneem, maar die mense het hulle uitgelag en hulle gespot.
11 Daar was egter wel mense uit Aser, Manasse en Sebulon wat nederig genoeg was om Jerusalem toe te kom.
12 In Jerusalem het die Here eensgesindheid onder al die mense bewerk. Hulle wou almal graag doen wat die koning en leiers beveel het. Dit was presies volgens die Here se woord.
13 ’n Baie groot klomp mense het toe in die tweede maand vir die paasfees en die fees van die ongesuurde brood in Jerusalem bymekaargekom.