1 Na hierdie optrede van Hiskia waarin hy sy lojaliteit aan die Here bewys het, het koning Sanherib van Assirië Juda aangeval. Hy het die versterkte stede met sy leër omsingel.
2 Toe Hiskia besef dat Sanherib op pad was om Jerusalem aan te val,
3 het hy ’n vergadering met sy amptenare en militêre raadgewers gehou. Hy wou al die waterfonteine buite die stad afseël en hulle het die gedagte ondersteun.
4 ’n Groot klomp werkers is toe opgeroep om die fonteine te verseël en die stroom water te blokkeer wat deur die land vloei. Hulle het gesê: “Hoekom moet die Assiriese konings nou hier kom en baie water hê?”