23 Baie mense het geskenke vir die Here Jerusalem toe gebring. Daar was ook baie wat duur geskenke vir koning Hiskia gebring het.Na alles wat gebeur het, het Hiskia ’n goeie naam gehad onder die nasies.
24 Hiskia het in dié tyd ernstig siek geword. Hy het tot die Here gebid. Sy gebed is verhoor en hy het gesond geword.
25 Maar Hiskia het nie reg gemaak nadat die Here hierdie groot guns aan hom bewys het nie. Hy was vol van homself. Daarom het die Here kwaad geword vir hom en vir Juda en Jerusalem.
26 Hiskia het toe erken dat hy hoogmoedig geword het en die inwoners van Jerusalem het hulleself verneder. Daarom het die Here se wraak hulle nie in Hiskia se tyd getref nie.
27 Hiskia was baie ryk. Almal het groot respek vir hom gehad. Hy het skatkamers vir sy silwer, goud en juwele laat bou, ook vir speserye, skilde en ander waardevolle items.
28 Daarby het hy stoorkamers vir sy deel van die graanoes, die nuwe wyn en olyfolie gebou. Hy het ook krale en stalle vir sy beeste en troppe kleinvee gebou.
29 Hy het ook stede gebou en reusetroppe kleinvee en beeste besit. Die Here het hom baie ryk gemaak.