16 Daarna het Manasse die Here se altaar herstel en offers vir die Here gebring om vir Hom dankie te sê en Hom te loof. Hy het vir die mense van Juda gesê dat hulle die Here, Israel se God, moes dien.
17 Die mense het wel nog op die heilige plekke buite Jerusalem gaan offer, maar hulle het net vir die Here geoffer.
18 Die res van Manasse se geskiedenis, hoe hy tot sy God gebid het en hoe die sieners hom namens die Here, Israel se God, aangespreek het, word vertel in Die Geskiedenis van die Konings van Israel.
19 Die volgende sake word in Die Herinneringe van die Sieners beskryf: sy gebed; God se antwoord daarop; al die verkeerde dinge wat hy gedoen het; sy ongehoorsaamheid aan God; die plekke waar hy heilige plekke gebou het vir afgode en waar hy Asjerapale en die houtbeelde van die afgode neergesit het, nog voordat hy hom bekeer het.
20 Ná Manasse se dood is hy by sy paleis begrawe.Sy seun Amon het hom as koning opgevolg.
21 Amon was 22 jaar oud toe hy koning geword het. Hy het twee jaar lank in Jerusalem regeer.
22 Die Here was nie tevrede met wat hy gedoen het nie, net soos die Here nie tevrede was met wat sy pa, Manasse, gedoen het nie. Amon het die houtbeelde van die afgode wat sy pa vroeër laat opsit het, vereer.