1 Josia was net agt jaar oud toe hy koning geword het. Hy het 31 jaar lank in Jerusalem regeer.
2 Josia se optrede het die Here baie tevrede gestel. Hy het soos sy voorvader Dawid regeer, sy hele lewe lank.
3 In Josia se agtste regeringsjaar, toe hy nog maar jonk was, het hy begin doen wat die God van sy voorvader Dawid graag wou hê. Toe hy twaalf jaar lank koning was, het hy Juda en Jerusalem begin skoonmaak van die heidene se heilige plekke, die Asjerapale en die hout- en metaalbeelde wat ter ere van ander gode opgerig is.
4 Hy het seker gemaak dat die altare vir die Baäls afgebreek word en dat die wierookaltare wat bo-op hierdie altare was, stukkend gebreek word. Hy het die pale ter ere van die afgod Asjera en die hout- en metaalbeelde gebreek, tot poeier fyngemaak en dit oor die priesters, wat daar geoffer het, se grafte gegooi.