1 Die mense van die land het Josia se seun Joahas in sy plek koning in Jerusalem gemaak.
2 Joahas was 23 jaar oud toe hy koning geword het. Hy het drie maande lank in Jerusalem regeer.
3 Die Egiptiese koning het hom toe sy koningskap ontneem en die land met omtrent drie en ’n half ton silwer en 34 kilogram goud beboet.
4 Die Egiptiese koning het toe sy broer Eljakim koning gemaak oor Juda en Jerusalem en sy naam na Jojakim verander. Hy het Joahas as gevangene saamgevat Egipte toe.