4 Die Egiptiese koning het toe sy broer Eljakim koning gemaak oor Juda en Jerusalem en sy naam na Jojakim verander. Hy het Joahas as gevangene saamgevat Egipte toe.
5 Jojakim was 25 jaar oud toe hy koning geword het. Hy het elf jaar lank in Jerusalem regeer. Die Here was nie tevrede met wat Jojakim gedoen het nie.
6 Koning Nebukadnesar van Babel het hom aangeval, met dik kettings vasgebind en na Babel toe weggevat.
7 Nebukadnesar het ook voorwerpe uit die tempel van die Here vir homself gevat en dit in sy tempel in Babel gaan sit.
8 Die res van Jojakim se geskiedenis, al die slegte dinge wat hy gedoen het en wat met hom gebeur het, is opgeskryf in Die Geskiedenis van die Konings van Israel en Juda.Sy seun Jojagin het hom opgevolg.
9 Jojagin was agtien jaar oud toe hy koning geword het. Hy het drie maande lank in Jerusalem regeer. Die Here was nie tevrede met wat Jojagin gedoen het nie.
10 In die lente van die volgende jaar het Nebukadnesar hom na Babel toe laat bring. ’n Klomp van die kosbare voorwerpe van die Here se tempel is toe ook na Babel toe weggevat.Nebukadnesar het Jojagin se broer Sedekia koning van Juda en Jerusalem gemaak.