1 Al die bouwerk aan die tempel van die Here is voltooi. Daarna het Salomo al die skatte wat sy pa, koning Dawid, vir die Here gegee het, na die tempel toe gebring. Hy het die silwer en goud en al die gereedskap in die tempel se skatkamers gebêre.
2 Salomo het toe al die familiehoofde van Israel in Jerusalem byeengeroep. Die doel was om die ark van die verbond van die Here uit Sion, die Stad van Dawid, na die tempel toe te neem.
3 Almal het op die feesdag, wat in die sewende maand geval het, by die koning bymekaargekom.
4 Toe al die leiers van Israel daar bymekaar was, het die Leviete die ark opgetel.