1 Toe het Salomo gesê: “Die Here het gesê dat Hy in donkerte wil woon.
2 Maar ek het vir U ’n waardige huis gebou, ’n plek waarin U vir altyd kan woon.”
3 Salomo het toe omgedraai en die hele Israel wat daar voor hom gestaan het, geseën.
4 Hy het vir hulle gesê: “Ek loof die Here wat gedoen het wat Hy vir my pa, Dawid, belowe het.