5 Die Here het vir hom gesê: ‘Sedert die tyd toe Ek my volk uit Egipte gelei het, het Ek geen stad gekies waar ’n tempel tot my eer gebou moes word nie. Ek het ook nie ’n koning gekies om my volk te lei nie.
6 Maar nou het Ek Jerusalem as daardie stad en Dawid as daardie koning gekies.’”
7 Salomo het voortgegaan: “My pa, Dawid, wou die tempel baie graag bou om die Here se Naam te vereer.
8 Die Here het egter vir hom gesê: ‘Dit is goed dat jy vir My ’n tempel wil bou,
9 maar dit sal nie jy wees wat die tempel bou nie. Een van jou seuns sal dit doen.’
10 “Nou het die Here sy belofte nagekom: ek het koning geword in my pa se plek en ek het die tempel tot eer van die Here, die God van Israel, gebou.
11 Ek het die ark in die tempel gesit. Die ark is die simbool van die ooreenkoms wat die Here met Israel gesluit het.”