1 Na twintig jaar as koning het Salomo die groot bouwerk aan die Here se tempel en sy eie paleis voltooi.
2 Hy het toe begin aandag gee aan die stede wat koning Hiram vir hom gegee het en hy het Israeliete in die stede gevestig.
3 Ook in dié tyd het Salomo teen Hamat-Soba opgetrek en dit ingeneem.
4 Hy het Tadmor in die woestyn opgebou, asook die voorraadstede in die omgewing van Hamat.