15 Salomo het glad nie afgewyk van Dawid se voorskrifte oor die priesters, die Leviete of die skatkamers nie.
16 Dit is hoe Salomo verseker het dat alle werk ten opsigte van die tempel van die Here voltooi is: van die dag toe die fondasies gelê is tot op die dag toe alles voltooi is.
17 Later het Salomo na Esjon-Geber en Elat, albei hawens in Edom, aan die kus van die Rooisee, gegaan.
18 Hiram het vir hom skepe gestuur, met ervare bemanning onder bevel van hulle eie offisiere uit Tirus. Hulle is saam met Salomo se mense Ofir toe om ’n vrag van omtrent vyftien en ’n half ton goud vir koning Salomo te gaan haal.