14 Sodra daar egter ’n rou seer verskyn, kan die persoon nie tussen ander mense bly nie.
15 Die dienaar moet die rou seer ondersoek. ’n Rou seer is gevaarlik en aansteeklik. Dit is ’n chroniese velsiekte.
16 Wanneer die oop seer egter toegroei en wit word, moet die man weer na die Here se tent toe gaan.
17 Wanneer hy ondersoek word en die dienaar sien dat die seer wit geword het, moet hy weer toegelaat word onder die ander mense. Hy word weer in die gemeenskap toegelaat.
18 “As iemand ’n seer op sy lyf gehad het wat weer gesond geword het,
19 en daar kom dan ’n wit roof of rooierige vlek op die plek waar die seer was, moet hy dit vir die dienaar by die tent waar die Here gedien word, gaan wys.
20 As dit vir die dienaar lyk of dit onder die vel ingaan en die hare op daardie plek verkleur het, moet hy die man wegstuur. ’n Kwaadaardige velsiekte het in die seer ontstaan.