24 “Wanneer die roof oor ’n brandwond rooierig of wit word,
25 moet die dienaar dit ondersoek. As die hare in die roof ’n ander kleur gekry het en dit is dieper as die vel, het daar kwaad in die brandwond gekom. Die dienaar moet hom dan wegstuur. Hy het ’n kwaadaardige velsiekte.
26 As die werker by die tent na die roof kyk en hy sien nie hare wat verkleur het of dat dit onder die vel ingegaan het nie, maar dat dit tog ligter geword het, moet hy die man vir sewe dae afsonder.
27 Wanneer hy dit op die sewende dag weer ondersoek en dit het beslis verder oor die vel versprei, moet hy die man wegstuur. Dit het kwaadaardig geword.
28 As die wond egter net so gebly het en die uitslag het nie verder oor die vel versprei nie, maar dit het ligter geword, is dit ’n gewone merk wat die brandwond gelaat het. Die dienaar moet die man dan terugstuur na sy mense toe, want dit is ’n gewone litteken op die brandwond.
29 “Wanneer ’n man of ’n vrou ’n seer teen die kop het of teen die ken
30 en dit vir die dienaar lyk of dit dieper as die vel is en daar koperkleurige dun haartjies in die wond is, moet hy die persoon wegstuur. Dit is ’n kwaai velsiekte van die kop of die ken.