35 As die uitslag hervat het en weer begin versprei het nadat die persoon geskik verklaar was,
36 moet die dienaar weer daarna kyk. As dit verder oor die vel begin versprei het, hoef hy nie nog eers te soek na hare wat verkleur het nie - die persoon is in elk geval onaanvaarbaar.
37 Wanneer hy egter besluit dat die uitslag opgehou het en begin gesond word, omdat daar geen swart haartjies uitgekom het nie, is die persoon reg en mag hy weer teruggaan na die ander mense toe.
38 “Wanneer ’n man of ’n vrou oral ligte kolle op die lyf begin kry,
39 moet hy of sy na die tent toe gaan vir ’n ondersoek. As die uitslag baie lig van kleur is, is dit maar net onskadelike vlekke wat op die vel ontwikkel het. Die persoon is aanvaarbaar.
40 “As iemand se hare begin uitval en hy word bles, is hy nog steeds aanvaarbaar.
41 Selfs as hy sy kuif verloor en net op sy voorkop bles word, is hy nog steeds aanvaarbaar.