37 Wanneer hy egter besluit dat die uitslag opgehou het en begin gesond word, omdat daar geen swart haartjies uitgekom het nie, is die persoon reg en mag hy weer teruggaan na die ander mense toe.
38 “Wanneer ’n man of ’n vrou oral ligte kolle op die lyf begin kry,
39 moet hy of sy na die tent toe gaan vir ’n ondersoek. As die uitslag baie lig van kleur is, is dit maar net onskadelike vlekke wat op die vel ontwikkel het. Die persoon is aanvaarbaar.
40 “As iemand se hare begin uitval en hy word bles, is hy nog steeds aanvaarbaar.
41 Selfs as hy sy kuif verloor en net op sy voorkop bles word, is hy nog steeds aanvaarbaar.
42 Wanneer daar egter op sy kaal voorkop of agter op sy bles ’n rooierige uitslag verskyn, het hy ’n velsiekte op sy kop.
43 Die dienaar moet dit ondersoek. As daar ’n rooierige uitslag op sy kop is wat soos ’n velsiekte lyk,