45 Die persoon wat met die velsiekte aangetas is, moet stukkende klere dra en nie sy hare kam of was nie. Hy moet die onderkant van sy gesig met iets toemaak en uitroep: ‘Ek mag nie by ander mense bly nie, ek mag nie in aanraking kom met ander mense nie!’
46 So lank as wat hy die velsiekte het, moet hy eenkant gaan bly. Hy moet alleen buitekant die kamp in sy eie blyplek bly.”
47 “Wanneer daar muf op klere kom, of die klere nou van wol of linne gemaak is,
48 of die muf nou voorkom in die garing van die linne of op wol of op leer of enigiets wat van leer gemaak is
49 en daardie mufplek op die klere is vaalgroen of rooierig, kan dit gevaarlik wees. Dit moet vir die dienaar by die tent gewys word.
50 Hy moet baie goed na die mufkol kyk en die ding waarop dit is vir sewe dae gaan wegbêre.
51 Op die sewende dag moet hy dit gaan haal en weer daarna kyk. As die muf op die klere, of in die garing, of die materiaal, of op die ding wat van leer gemaak is, in daardie tyd meer geword het, is dit besmetlike muf. Dit moet verwyder word.