5 Hy moet op die sewende dag weer daarna kyk. As dit vir hom lyk of dit net so gebly het en die uitslag nie verder op die vel versprei het nie, moet hy die man vir nog sewe dae laat eenkant bly.
6 Daarna moet hy hom weer ondersoek. As die uitslag verdwyn het en nie verder op die vel versprei het nie, moet die dienaar vir hom sê dat hy tussen die ander mense kan bly. Dit was ’n tydelike uitslag. Die man moet sy klere gaan was en met sy normale lewe aangaan.
7 As die uitslag egter weer begin versprei nadat die dienaar by die tent van die Here dit bekyk het en hom gesond verklaar het, moet hy teruggaan na die dienaar toe.
8 As die dienaar sien dat dit oor die vel versprei het, moet hy die man uit die gemeenskap laat weggaan. Dit is dan ’n aansteeklike velsiekte.
9 “Wanneer ’n man ’n aansteeklike velsiekte het, moet hy na die tent kom
10 sodat die dienaar daarna kan kyk. As daar ’n witterige uitslag op die vel is, die hare daarop verkleur het en daar ’n oop seer is,
11 is dit ’n chroniese velsiekte. Die dienaar moet hom dan wegstuur uit die gemeenskap uit. Hy hoef nie vir ’n tyd eenkant te bly nie, want dit is duidelik dat hy nie langer tussen ander mense kan bly nie.