50 Hy moet baie goed na die mufkol kyk en die ding waarop dit is vir sewe dae gaan wegbêre.
51 Op die sewende dag moet hy dit gaan haal en weer daarna kyk. As die muf op die klere, of in die garing, of die materiaal, of op die ding wat van leer gemaak is, in daardie tyd meer geword het, is dit besmetlike muf. Dit moet verwyder word.
52 Hy moet die klere, of garing, of materiaal van wol of linne of leer waarop dit voorkom, in die vuur verbrand. Dit is gevaarlike muf.
53 Wanneer hy egter daarna kyk en sien dat dit nie meer geword het nie,
54 moet hy die klere laat was en vir nog sewe dae eenkant hou.
55 As hy daarna sien dat die muf nog steeds nie verdwyn het nadat dit gewas is nie, selfs al het dit ook nie meer geword nie, moet dit weggegooi word. Dit moet in die vuur verbrand word. Dit is heeltemal besmet, of dit nou net aan die bo- of net aan die onderkant is.
56 As hy egter sien dat die mufkol ligter geword het nadat dit gewas is, moet hy die gedeelte waarop die mufkol is, uitskeur uit die klere, of die vel, of die garing, of die materiaal.