7 As die uitslag egter weer begin versprei nadat die dienaar by die tent van die Here dit bekyk het en hom gesond verklaar het, moet hy teruggaan na die dienaar toe.
8 As die dienaar sien dat dit oor die vel versprei het, moet hy die man uit die gemeenskap laat weggaan. Dit is dan ’n aansteeklike velsiekte.
9 “Wanneer ’n man ’n aansteeklike velsiekte het, moet hy na die tent kom
10 sodat die dienaar daarna kan kyk. As daar ’n witterige uitslag op die vel is, die hare daarop verkleur het en daar ’n oop seer is,
11 is dit ’n chroniese velsiekte. Die dienaar moet hom dan wegstuur uit die gemeenskap uit. Hy hoef nie vir ’n tyd eenkant te bly nie, want dit is duidelik dat hy nie langer tussen ander mense kan bly nie.
12 As die velsiekte versprei het en dit vir die dienaar lyk of dit oor die persoon se hele lyf is, van sy kop tot sy tone,
13 moet hy hom oral ondersoek. As die uitslag kleurloos geword het, moet hy hom na sy mense laat teruggaan. Hy mag tussen ander mense bly.