1 Die Here het verder vir Moses gesê:
2 “Op die dag wanneer iemand wat ’n velsiekte gehad het, kan terugkom na sy mense toe, moet julle so maak: die dienaar wat by die tent van ontmoeting werk,
3 moet uit die kamp uitgaan en hom daar gaan ondersoek. As hy sien dat sy velsiekte gesond geword het,
4 moet hy die volgende opdrag gee: daar moet vir die persoon wat kan terugkom, twee lewende voëls wat aanvaarbaar is vir die Here, ’n tak van ’n sederhoutboom, ’n stuk rooi garing en ’n hisoptakkie bymekaargemaak word.
5 Die dienaar by die tent slag dan een van die voëls bo-oor ’n kleibakkie met vars water in.
6 Hy vat dan die ander voël en sit dit by die sederhout, die rooi garing en die hisoptakkie, en doop dit in die bloed van die eerste voël wat hy oor die bakkie met vars water geslag het.
7 Hy spat dit dan sewe keer teen die persoon wat terugkom sodat hy terugontvang kan word. Hy laat die voël wat bly leef, in die veld los dat dit kan wegvlieg.