22 Hy moet twee duiwe of tortelduiwe in die hande kry, soos wat hy dit wel kan bekostig. Die een duif is ’n offer vir die sonde en die ander een ’n offer wat op die altaar verbrand word.
23 Hy bring al hierdie goed op die agtste dag na die tent van ontmoeting toe waar die Here is sodat hy weer herstel kan word.
24 Die dienaar moet dan die rammetjie wat vir die skuld geoffer word en die sesde liter olyfolie by hom vat en dit alles aan die Here gaan opdra.
25 Ná hy die rammetjie geslag het, moet hy die dier se bloed vat en aan die man se regteroor, sy regterduim en sy regtergroottoon smeer.
26 Hy gooi van die olie in sy linkerhand
27 en hy sprinkel daarvan met sy regtervinger sewe keer voor die Here.
28 Hy vat ook van die olie in sy hand en smeer dit oor dieselfde plek waar hy die bloed vroeër aan die persoon se regteroor, sy regterduim en sy regtergroottoon gesmeer het.