43 As daar daarna weer mufkolle uitslaan en begin versprei,
44 moet hy weer kom inspeksie hou. As dit nog verder versprei het, is daar gevaarlike skimmel in daardie huis. Die huis kan nie verder gebruik word nie.
45 Die hele huis moet afgebreek word. Die stene, die skrynwerk en al die pleister van die huis moet buitekant die dorp op die ashoop wat daarvoor eenkant gehou is, weggegooi word.
46 Iemand wat miskien in die huis inkom terwyl dit gesluit is, mag vir die res van daardie dag nie naby God se blyplek kom nie.
47 Iemand wat in daardie huis gaan slaap of daar eet, sal eers sy klere moet gaan was.
48 “As die Here se dienaar weer kom inspeksie doen nadat die huis opnuut uitgepleister is, en hy sien dat daar nie meer mufkolle is nie, moet hy die mense toelaat om terug te trek in die huis in.
49 Hy vat dan twee voëls, ’n stuk sederhout, ’n stuk rooi garing en ’n tak van ’n hisopplant om die huis weer bewoonbaar te maak.