46 Iemand wat miskien in die huis inkom terwyl dit gesluit is, mag vir die res van daardie dag nie naby God se blyplek kom nie.
47 Iemand wat in daardie huis gaan slaap of daar eet, sal eers sy klere moet gaan was.
48 “As die Here se dienaar weer kom inspeksie doen nadat die huis opnuut uitgepleister is, en hy sien dat daar nie meer mufkolle is nie, moet hy die mense toelaat om terug te trek in die huis in.
49 Hy vat dan twee voëls, ’n stuk sederhout, ’n stuk rooi garing en ’n tak van ’n hisopplant om die huis weer bewoonbaar te maak.
50 Hy slag een van die voëls bo-oor ’n kleibakkie met vars water in.
51 Hy vat die stuk sederhout, die hisoptak, die rooi garing en die ander voël en doop hulle in die bloed van die voël wat hy geslag het en in die vars water, en sprinkel daarvan sewe keer teen die huis se mure.
52 So maak hy die huis dan weer bewoonbaar met die bloed van die voël, die vars water, die voël wat bly leef het, die stuk sederhout, die hisoptak en die rooi garing.