10 Enigiemand wat raak aan iets waarop hierdie man gesit het of dit ronddra, word ook onaanvaarbaar vir die res van die dag. Hy moet sy klere en homself gaan skoonmaak.
11 Elkeen aan wie hierdie man raak terwyl hy nog nie sy hande gewas het nie, sal ook vir die res van die dag onrein vir My wees. Daardie persoon moet sy klere gaan was en ook homself.
12 Enige kleipot waaraan hierdie man vat, moet stukkend gebreek word. Enige houtbak waaraan hy vat, moet met water uitgespoel word.”
13 “Van die dag dat die man se afskeiding opgehou het, moet hy sewe dae aftel. Hy moet dan sy klere was. Hy moet ook homself in lopende water gaan was. Dan mag hy weer voor die Here by sy tent kom.
14 Op die agtste dag gaan hy na die Here toe. Hy gaan na die ingang van die tent waar hy die Here kan ontmoet. Hy vat twee tortelduiwe of gewone duiwe saam en gee dit vir die dienaar by die tent.
15 Die dienaar offer een van hulle vir die sonde en die ander verbrand hy heeltemal op die altaar. So help die dienaar dan die man wat die afskeiding gehad het, om weer voor die Here te kan kom.
16 “As ’n man saad gestort het, moet hy sy hele lyf was. Hy is vir die Here onaanvaarbaar vir die res van die dag.