13 “Van die dag dat die man se afskeiding opgehou het, moet hy sewe dae aftel. Hy moet dan sy klere was. Hy moet ook homself in lopende water gaan was. Dan mag hy weer voor die Here by sy tent kom.
14 Op die agtste dag gaan hy na die Here toe. Hy gaan na die ingang van die tent waar hy die Here kan ontmoet. Hy vat twee tortelduiwe of gewone duiwe saam en gee dit vir die dienaar by die tent.
15 Die dienaar offer een van hulle vir die sonde en die ander verbrand hy heeltemal op die altaar. So help die dienaar dan die man wat die afskeiding gehad het, om weer voor die Here te kan kom.
16 “As ’n man saad gestort het, moet hy sy hele lyf was. Hy is vir die Here onaanvaarbaar vir die res van die dag.
17 Enige klere of stuk leer waarop sy semen beland het, moet gewas word. Dit kan vir die res van die dag nie weer gebruik word nie.
18 Na ’n man en ’n vrou saam geslaap het, moet al twee hulleself was. Hulle mag vir die res van die dag nie by die Here se tent kom nie.”
19 “Wanneer ’n vrou menstrueer, mag sy vir sewe dae nie by die Here se tent kom nie. As iemand aan haar raak, mag hy ook nie by die Here se tent kom vir die res van die dag nie.