2 “Sê vir die Israeliete dat die man uit wie se geslagsdeel daar vog uitkom, nie naby my tent mag kom nie. Ek wil hom nie daar hê nie.
3 Of sy afskeiding nou iets is wat vloei en of dit gestol het in sy geslagsdeel, dit is nie vir My aanvaarbaar nie.
4 Enige bed waarop hierdie persoon slaap of enige stoel waarop hy gaan sit, is vuil.
5-6 Enigiemand anders wat op sy bed kom lê, of op die stoel gaan sit waarop hy gesit het, moet eers sy klere en homself gaan was. Hy het self ook tot aan die einde van die dag onrein vir My geword.
7 Selfs wanneer iemand net aan hierdie man raak, is daardie persoon self ook aangetas tot aan die einde van die dag. Hy moet sy klere en homself gaan was.
8 Wanneer die man se spoeg miskien op iemand wat vir God reg is te lande kom, moet daardie persoon ook sy klere en homself gaan was. Hy sal vuil wees tot die aand.
9 Enige saal vir ’n dier waarop hierdie man ry, word vuil.