26 Soos tydens haar menstruasie is enige bed waarop sy lê en enige stoel waarop sy sit, in hierdie tyd ook onbruikbaar.
27 Enigeen wat daaraan vat, moet wegbly van die Here se tent. Hy moet sy klere en homself gaan was. Hy mag vir die res van daardie dag nie naby die Here kom nie.
28 “Sodra sy ophou bloei, moet sy sewe dae aftel. Daarna kan sy weer by God se tent kom.
29 Op die agtste dag moet sy twee tortelduiwe of enige ander duiwe saamvat na die ingang van die tent waar God hulle ontmoet.
30 Die dienaar slag een duif vir die sonde en die ander een verbrand hy op die altaar. So help hy haar om weer voor die Here te kan kom nadat sy vir die tyd van haar menstruasie nie daar welkom was nie.”
31 “Julle moet die Israeliete waarsku teen hierdie dinge wat hulle van My af weghou sodat hulle nie sommer daar by my tent in die middel van die kamp kom en Ek hulle laat doodgaan nie.
32 Dit is dan die reëls vir ’n man wat nie naby die tent mag kom nie, omdat daar afskeiding uit sy geslagsorgaan was of omdat hy saad gestort het,