1 Twee van Aäron se seuns is dood omdat hulle nie op die regte manier vir die Here geoffer het nie. Die Here het daarom met Moses gepraat.
2 Hy het vir Moses gesê: “Jy moet jou broer Aäron waarsku om nie sommer enige tyd daar agter die gordyn in te gaan wat voor die ark hang nie. Hy sal doodgaan. Ek is daar in ’n wolk wat bo die deksel hang.
3 As Aäron in daardie deel van my tent wil inkom, moet hy ’n jong bul bring om vir die sonde te offer en ’n ram om op die altaar te verbrand.
4 Hy moet ook eers gaan was en dan sy spesiale klere aantrek wat hy dra as hy by die tent sy werk doen: die linnehemp, die linnebroek, die gordel wat hy aansit en die hoed wat hy op sy kop dra.
5 Hy moet ook by die volk twee bokke kry om vir die sonde te offer en een skaapram om op die altaar te verbrand.