1 Die Here het vir Moses gesê
2 om vir Aäron en almal uit sy familie wat by die tent van die Here werk en vir al die Israeliete die volgende voorskrif vir offers te gee:
3-4 “Elkeen in Israel oortree wat nie sy offer daar by die ingang van die tent kom slag waar julle die Here ontmoet nie. Dit is verkeerd om ’n bees of ’n skaap of ’n bok sommer in die kamp of buite in die veld buite die kamp te offer. Dit is mors met bloed. Die persoon kan nie langer aan die volk behoort nie.
5 “Die Israeliete moenie hulle offers buite in die veld bring nie. Hulle moet die offers vir die Here na die dienaar by die ingang van die tent bring. Hulle moet hulle goeie gesindheid teenoor die Here wys deur dit daar vir die Here te slag.