1 Die Here het nog verder vir Moses gesê
2 om vir die Israeliete te sê: “Omdat Ek, die Here, julle God is,
3 mag julle nie maak soos die mense van Egipte by wie julle gebly het nie. Julle moet ook nie leef soos die mense van Kanaän waarnatoe Ek met julle op pad is nie. Julle mag nie hulle gewoontes aanleer nie.
4 Leef volgens my voorskrifte en hou by my reëls, want Ek, die Here, is julle God.
5 Doen wat Ek vir julle sê. Iemand wat na My luister, se lewe sal voorspoedig wees. Ek is die Here.”
6 “’n Persoon mag nie seks hê met mense uit sy familie nie. Ek is die Here.
7 Moenie jou pa in die skande bring en by jou ma slaap nie. Sy is jou ma en jy mag nie seks met haar hê nie.