10 Jy mag ook nie seks hê met jou kleindogter nie, of dit nou jou seun of jou dogter se kind is. Dis jou eie vlees en bloed.
11 Met ’n dogter van een van jou pa se ander vroue mag jy ook nie seks hê nie. Jou pa is ook haar pa en sy is jou eie familie.
12-13 Jy mag ook nie by jou tannie slaap nie, of dit nou jou pa se suster of jou ma se suster is. Sy is julle bloedfamilie.
14 Moenie jou oom in die skande bring en by sy vrou slaap nie. Sy is tog jou tannie.
15 Los jou skoondogter uit, want dit is jou seun se vrou.
16 Moenie met jou skoonsuster lol nie. Jy sal jou broer in die skande bring.
17 Jy mag nie tegelyk ’n seksuele verhouding hê met ’n vrou en haar dogter of haar kleindogter nie, of dit nou aan haar seun of haar dogter se kant is. Hulle is haar bloedfamilie. Dit is lelik om so iets te doen.