18 Moenie jou skoonsuster as byvrou neem terwyl jou vrou nog lewe nie.
19 Moenie by ’n vrou kom wat menstrueer om by haar te slaap nie. Sy mag in daardie tyd nie by die Here se tent kom nie.
20 Jy moet ook nie jouself in die skande bring en by iemand uit jou volk se vrou slaap nie.
21 Jy mag nooit enige van jou kinders aan die afgod Molek gee en so jou God se Naam deur die modder sleep nie. Ek is tog mos die Here.
22 Jy mag nie met ’n ander man seksueel verkeer nie. Dit is afstootlik.
23 ’n Man moenie homself verwerplik maak en seksueel met ’n dier verkeer nie. ’n Vrou mag dit ook nie met ’n dier doen nie. Dit is ’n skande.”
24 “Julle moenie julleself met enige van hierdie dinge vuil maak nie. Dit is omdat hulle hierdie soort goed doen dat Ek niks te make wil hê met die nasies wat Ek voor julle uit die land uit wegjaag nie.