3 mag julle nie maak soos die mense van Egipte by wie julle gebly het nie. Julle moet ook nie leef soos die mense van Kanaän waarnatoe Ek met julle op pad is nie. Julle mag nie hulle gewoontes aanleer nie.
4 Leef volgens my voorskrifte en hou by my reëls, want Ek, die Here, is julle God.
5 Doen wat Ek vir julle sê. Iemand wat na My luister, se lewe sal voorspoedig wees. Ek is die Here.”
6 “’n Persoon mag nie seks hê met mense uit sy familie nie. Ek is die Here.
7 Moenie jou pa in die skande bring en by jou ma slaap nie. Sy is jou ma en jy mag nie seks met haar hê nie.
8 Jy mag ook nie by een van jou pa se ander vroue slaap nie. Dit is sy vrou.
9 Jy mag ook nie by jou suster slaap nie. Dit maak geen verskil of dit jou halfsuster is aan jou pa se kant of aan jou ma se kant en of sy nou in dieselfde huis grootgeword het as jy of in ’n ander huis nie.