13 Jy moet al die graan wat jy vir die Here bring, met sout behandel. Jou verbintenis aan die Here is ’n geestelike sout wat jou van afvalligheid bewaar. Net so moet daar ook altyd sout wees by die graan wat jy vir die Here bring. Oor alles wat jy offer, moet daar sout wees.
14 “As die graan wat jy vir die Here bring, uit die heel eerste graan van die begin van die oes kom, moet dit vars stampkoring wees wat oor vuur gerooster is. Jy moet die heel beste graan uit jou oes vir die Here gee.
15 Jy moet olyfolie daaroor gooi en lekkerruik-wierookstokkies daarop sit. Gee dit vir die Here as ’n graanoffer.
16 Die dienaar by die tent van ontmoeting sal die deel van die koring en die olie vat wat saam met die geurige wierook verbrand moet word. Hy sal dit in die vuur verbrand as ’n vuuroffer vir die Here.”