4 “Wanneer die graan wat jy vir die Here bring, graan is wat reeds verwerk is en al klaar in ’n oond gebak is, kan dit in die vorm van ’n ronde brood wees van fynmeel wat met olie gemeng is waarin daar nie suurdeeg is nie. Dit kan ook beskuitjies wees sonder suurdeeg wat in olyfolie gedoop is.
5 As dit graan is wat op ’n plaat gebak is, moet dit gemaak wees van fynmeel wat met olyfolie gemeng is waarin daar nie suurdeeg is nie.
6 Jy moet dit in krummels breek en olie daaroor uitgooi. Dit word dan ’n graanoffer genoem.
7 As dit graan is wat in ’n braaipan gebak is, moet jy dit maak van fynmeel wat met olie gemeng is.
8 “Jy moet die graanoffer wat op enige van hierdie maniere gemaak is, vir die dienaar by die tent bring sodat hy dit op die altaar kan verbrand.
9 Hy sal daaruit die deel van die graan vat wat verbrand moet word, en dit op die altaar laat brand. Dit sal dan ’n vuuroffer wees waarvan die Here baie hou.
10 Die res van die brood wat oor is, behoort alles aan die Here. Aäron en sy seuns wat vir die Here by die tent werk, mag dit eet.