7 Leef vir My met alles wat julle het. Wees aan My toegewyd, want net Ek, die Here, is julle God.
8 Hou vas aan my reëls en leef volgens hulle, want Ek, die Here, het julle aan My alleen verbind.”
9 “Wanneer enigiemand sy ouers met minagting behandel, moet hy doodgemaak word. Iemand wat op sy ouers neersien, mag nie bly leef nie.
10 “As ’n man by ’n ander man se vrou slaap, moet hulle al twee doodgemaak word.
11 As ’n man by een van sy pa se vroue slaap, bring hy sy pa in die skande. Al twee is skuldig en hulle moet doodgemaak word.
12 As ’n man by sy skoondogter slaap, het hulle skande gemaak. Albei is skuldig. Hulle moet doodgemaak word.
13 As ’n man seksueel met ’n ander man verkeer soos met ’n vrou, het hulle iets baie leliks gedoen. Hulle is al twee skuldig en al twee moet doodgemaak word.