10 “Die persoon wat aangestel is om die leier van die dienaars by die Here se tent te wees en die spesiale klere daarvoor dra, mag nie sy hare los laat hang of sy klere skeur wanneer hy treur oor iemand wat dood is nie.
11 Hy mag nie sy belangrikheid verminder en naby enige dooie mens kom nie. Selfs nie eens as sy pa of ma dood is, mag hy
12 by die tent van die Here weggaan nie. Dit sal die Here se plek iets alledaags maak. Hy is tog anders. Die Here het hom spesiaal aangestel vir sy werk. Ek is die Here.
13 Hy mag net met ’n vrou trou wat nog nie by ’n man geslaap het nie.
14 Sy mag ook net uit sy eie volk kom. Hy mag glad nie met ’n weduwee trou, of met ’n geskeide vrou of een wat in die skande gekom het, of een wat ’n prostituut is nie.
15 As hy met een van hulle sou trou, mag die kinders wat hy by die vrou kry, glad nie by die Here se tent kom werk nie. Ek is die Here. Ek het hom aan My alleen toegewy.”
16 Die Here het verder vir Moses gesê