3 of sy suster, mits sy nooit getroud was nie.
4 Hy mag egter nie aan die lyk van sy vrou of haar familie raak nie. Dit sal hom onbevoeg maak vir sy werk.
5 God se dienaars mag ook nie soos die ongelowiges ’n kaal kol op hulle kop afskeer of die kant van hulle baard wegsny of merke op hulleself uitkerf wanneer hulle oor dooies rou nie.
6 Hulle moet heeltemal toegewyd wees aan hulle God en hulle moenie iets doen wat sy Naam oneer sal aandoen nie. Hulle moet op ’n manier leef wat wys dat hulle met alles aan die Here behoort. Dit is hulle werk om die offers vir die Here te bring en sy offerdiens by die tent aan die gang te hou.
7 Iemand wat by die Here se tent werk, mag nie met ’n prostituut trou of met ’n vrou wat in die skande gekom het nie. Hy mag ook nie met ’n vrou trou wat van haar man geskei is nie. Hy moet afgesonder en aan sy God toegewy leef.
8 Omdat hy die een is wat die offer vir God bring, moet jy hom respekteer as een wat net vir God leef. Jy moet hom behandel as iemand wat aan God behoort. Ek, die Here, is die enigste God. Ek verbind julle aan My sodat julle aan niemand anders behoort nie.
9 As die dienaar by God se tent ’n dogter het wat ’n prostituut geword het, bring dit haar pa in die skande. Sy moet met vuur verbrand word.”