10 “Iemand wat nie by die Here se tent werk nie, mag nie van die offers eet nie. Iemand wat by hom in sy huis woon en iemand wat vir hom werk, mag ook nie daarvan eet nie.
11 Die slawe wat hy vir homself gekoop het en dié wat in sy huis gebore is, mag wel saam met hom sy deel van die offer eet.
12 As sy dogter met iemand trou wat nie ook by die tent werk nie, mag sy nie langer saam eet aan sy deel van die offers nie.
13 As sy dogter ’n weduwee word of van haar man skei, en sy het geen kinders nie en sy kom bly weer by haar pa soos toe sy nog ’n afhanklike kind was, mag sy saam met haar pa van sy deel eet. Iemand wat nie uit Aäron se familie is nie, mag egter glad nie van die offers eet nie.
14 As iemand van die offers geëet het sonder om te weet dat dit offervleis is, moet hy dit vir die dienaar by die tent vergoed en 120% van die waarde daarvan vir hom teruggee.
15 Die dienaars mag op geen manier toelaat dat die offers wat die Israeliete vir die Here bring, verkeerd gebruik word nie.
16 As hulle ander mense toelaat om daarvan te eet, sal Ek hulle daarvoor verantwoordelik hou. Ek, die Here, het die dienaars Myne alleen gemaak.”