13 As sy dogter ’n weduwee word of van haar man skei, en sy het geen kinders nie en sy kom bly weer by haar pa soos toe sy nog ’n afhanklike kind was, mag sy saam met haar pa van sy deel eet. Iemand wat nie uit Aäron se familie is nie, mag egter glad nie van die offers eet nie.
14 As iemand van die offers geëet het sonder om te weet dat dit offervleis is, moet hy dit vir die dienaar by die tent vergoed en 120% van die waarde daarvan vir hom teruggee.
15 Die dienaars mag op geen manier toelaat dat die offers wat die Israeliete vir die Here bring, verkeerd gebruik word nie.
16 As hulle ander mense toelaat om daarvan te eet, sal Ek hulle daarvoor verantwoordelik hou. Ek, die Here, het die dienaars Myne alleen gemaak.”
17 Die Here het ook nog vir Moses gesê
18 om vir Aäron en sy seuns en vir die Israeliete te sê: “Wanneer enige Israeliet of enige van die mense wat by hulle bly, ’n offer vir die Here bring, óf om sy belofte na te kom óf bloot net vrywillig,
19 en hy wil hê dat die Here dit moet aanvaar, moet dit ’n bul of ’n skaapram of ’n bokram wees wat nie enige foute het nie.