23 As dit sommer ’n vrywillige offer is, mag julle wel ’n bees of ’n skaap bring wat misvormd is of onderontwikkeld is. Julle mag egter nie met sulke diere julle beloftes nakom nie.
24 “Julle mag nie ’n gekastreerde dier, of dit ’n os of ’n hamel is, vir die Here offer nie. Dit mag nie in julle land gebeur nie.
25 Julle mag ook nie gekastreerde diere van uitlanders koop en vir julle God offer nie. Hulle is vermink. Die Here sal hulle nie van jou aanvaar nie.”
26 Die Here het verder ook nog vir Moses gesê:
27 “’n Kalf of skaaplam of boklam wat gebore word, moet eers sewe dae lank by sy ma bly. Van die agtste dag af mag dit by haar weggevat word en as ’n offer vir die Here gebruik word.
28 Julle mag egter nie ’n lam en sy ma op dieselfde dag offer nie.
29 Wanneer julle ’n offer vir die Here bring om vir Hom dankie te sê, moet julle dit so offer dat Hy dit sal aanneem.