13 ’n offer uit die graan van drie kilogram meel wat met olie gemeng is - waarvan die Here so baie hou - en ’n offer van een liter wyn.
14 Dit moet ’n vaste gebruik by julle en julle nageslag wees dat julle niks van die oes sal eet - of dit gebak, gebraai of rou is - voordat julle eers julle offer vir God gebring het nie.”
15 “Van die dag af nadat julle die eerste gerf graan kom offer het, moet julle ’n volle sewe weke aftel
16 tot op die 50ste dag. Dit is die eerste dag na die sewende sabbat. Op daardie dag moet julle weer ’n offer vir die Here bring uit die graan wat so pas geoes is.
17 Van oral waar julle woon, moet julle brood bring om vir die Here te offer. Dit moet van drie kilogram meel gebak wees. Hierdie keer moet julle dit bak met suurdeeg in. Dit is ’n offer vir die Here van die eerste opbrengs van die oes.
18 Bo en behalwe die brood moet julle ’n offer vir die Here bring van sewe jaaroud lammers sonder foute, ’n jong bul en twee ramme. Saam met die offers uit die graan en die offer van wyn, is dit ’n offer wat vir die Here verbrand word waarvan Hy besonder baie hou.
19 Julle moet ook ’n bokram vir die sonde offer en twee jaaroud lammers om saam met die Here te eet.