40 Op die eerste dag moet julle takke van vrugtebome, palmtakke, takke van bome met digte blare en takke van rivierwilgers afpluk. Dan moet julle sewe dae lank feesvier voor die Here julle God.
41 Dit moet vir julle en julle nageslag ’n vaste gebruik wees dat julle elke jaar in die sewende maand sewe dae lank hierdie fees vir die Here vier.
42 Elke gebore Israeliet bly dan sewe dae lank in die hutte wat julle met die takke gebou het.
43 Dit sal julle nageslag daaraan herinner dat Ek die Israeliete in hutte laat bly het toe Ek hulle uit Egipte uit weggevat het. Ek is die Here julle God.”
44 So het Moses dan die Israeliete oor die feesdae van die Here ingelig.