3 “Aäron moet sorg dat daar elke nag ’n lamp is wat in die tent van samekoms brand, in die deel voor die gordyn wat die deel afskort wat vir die Here afgesonder is. Dit moet altyd aan die brand gehou word.
4 Hy moet ook kyk dat die lampies op die goue kandelaar gereeld brand.
5 Hy moet ook twaalf brode bak. Elkeen moet gebak word van drie kilogram fynmeel.
6 Hy moet die brood op die goue tafel voor die Here in twee stapels pak wat elkeen ses brode het.
7 By elke stapel brood moet hy suiwer wierook neersit. Die wierook word vir die Here geoffer in die plek van die brood self.
8 Elke sewende dag moet die dienaars weer nuwe brood daar gaan neersit. Dit moet gereeld gedoen word.
9 Aäron en sy seuns mag dan die ou brood wegvat en gaan eet op ’n plek wat daarvoor eenkant gesit is. Die brood word net vir die Here se werk gebruik en vir niks anders nie. Aäron mag dit vat uit die offers wat vir die Here gebring word. Dit is ’n reël wat vasstaan.”