7 By elke stapel brood moet hy suiwer wierook neersit. Die wierook word vir die Here geoffer in die plek van die brood self.
8 Elke sewende dag moet die dienaars weer nuwe brood daar gaan neersit. Dit moet gereeld gedoen word.
9 Aäron en sy seuns mag dan die ou brood wegvat en gaan eet op ’n plek wat daarvoor eenkant gesit is. Die brood word net vir die Here se werk gebruik en vir niks anders nie. Aäron mag dit vat uit die offers wat vir die Here gebring word. Dit is ’n reël wat vasstaan.”
10 ’n Man wat ’n Israelitiese ma gehad het en ’n Egiptiese pa, het eenmaal in die kamp aan die baklei geraak met ’n Israelitiese man.
11 Sy ma se naam was Selomit. Sy was Dibri se dogter. Hulle was uit die stam van Dan. Haar seun het gevloek en die Here se Naam gebruik asof dit sommer iets alledaags is. Die ander mense het hom toe na Moses gevat.
12 Hulle het hom opgesluit sodat Moses vir die Here kon vra wat hulle met hom moes doen.
13 Die Here het toe vir Moses gesê: