1 Terwyl Moses bo-op Sinaiberg was, het die Here vir hom gesê
2 om die Israeliete te beveel: “Wanneer julle in die land gaan bly wat Ek vir julle sal gee, moet die land ook rus. Daar moet ’n sabbatsjaar wees vir die Here.
3 Jy mag ses jaar lank op die lande saai en die wingerde bewerk en oeste insamel.
4 In die sewende jaar moet die boerdery heeltemal gestaak word. Daardie jaar is die Here se sabbatsjaar. Jy moet daardie jaar niks op die lande saai nie en glad nie die wingerde bewerk nie.
5 Julle mag ook nie die graan wat vanself opkom, oes nie. Julle mag ook nie die druiwe van die ongesnoeide wingerdstokke afpluk nie. Dit moet vir die land ’n jaar van volkome rus wees.
6-7 Julle moet die grond kans gee om te rus. Jy en die slaaf wat vir jou werk, jou slavin, jou tydelike werker, dié wat by jou woon en die buitelanders wat by jou is, jou vee en al jou diere, julle almal sal daardie jaar eet van die dinge wat die land op natuurlike wyse oplewer.”