11 In hierdie hersteljaar mag julle niks saai nie. Julle mag ook nie die graan wat vanself opkom, afoes of die druiwe van die ongesnoeide wingerdstokke afpluk nie.
12 Dit moet vir julle ’n spesiale jaar wees waarin alles weer herstel. Julle mag net eet wat die veld oplewer.
13 In die hersteljaar kan elkeen teruggaan na die grond wat hy vantevore besit het.
14 As julle in ander jare grond aan mekaar verkoop of van mekaar koop, moet julle mekaar nie verkul nie.
15 As jy by iemand grond koop, moet jy uitreken hoeveel jare al verbygegaan het na die laaste hersteljaar. As jy dit aan ’n ander verkoop, moet jy bereken hoeveel jare se oes daar nog oor is na die volgende hersteljaar toe.
16 Hoe meer jare oor is, hoe hoër is die koopprys. As daar minder jare oor is, is die verkoopprys soveel minder. Eintlik is dit nie grond wat jy koop en verkoop nie, maar die aantal oeste wat dit kan oplewer.
17 Uit respek vir jou God moet julle mekaar nie bedrieg nie. Ek is tog die Here, julle al twee se God.