8 “Tel sewe sabbatsjare af, dit wil sê sewe tye wat elkeen sewe jaar lank is, sodat dit uitwerk op ’n volle 49 jaar.
9 Op die tiende dag van die sewende maand in die 50ste jaar, die dag wat die Here vrede gee, moet julle op die trompette blaas. Kondig deur die hele land aan
10 dat julle daardie jaar aan die Here moet opdra. Julle moet dan bekendmaak dat al die inwoners daardie jaar alles kan terugkry wat vroeër aan hulle behoort het. Elkeen kan dan weer teruggaan na die grond wat hy oorspronklik besit het. Elke slaaf word vrygemaak en hy kan teruggaan na sy eie familie toe.
11 In hierdie hersteljaar mag julle niks saai nie. Julle mag ook nie die graan wat vanself opkom, afoes of die druiwe van die ongesnoeide wingerdstokke afpluk nie.
12 Dit moet vir julle ’n spesiale jaar wees waarin alles weer herstel. Julle mag net eet wat die veld oplewer.
13 In die hersteljaar kan elkeen teruggaan na die grond wat hy vantevore besit het.
14 As julle in ander jare grond aan mekaar verkoop of van mekaar koop, moet julle mekaar nie verkul nie.