19 Omdat julle te veel van julleself dink, sal Ek julle siek maak. Ek sal die lug maak soos ’n ysterkoepel waaruit geen reën kan val nie. Die aardkors sal so ondeurdringbaar wees soos ’n bronsplaat.
20 Julle sal verniet julle vernuf inspan, want julle sal nie uit die grond enige oes kan haal nie. Geen boom van die aarde sal vrugte oplewer nie.
21 “As julle dan met My wil rusie maak en julle steeds onwillig bly om julle aan My te steur, sal Ek in lyn met julle oortreding nog sewe ander rampe oor julle loslaat.
22 Ek sal roofdiere tussen julle los laat rondloop. Hulle sal julle kinders vang en julle veetroppe uitroei. Julle getalle sal so erg daal dat daar niemand meer op die paaie sal wees nie.
23 “As julle na al hierdie dinge steeds aanhou om My teen te staan en weier om iets van My te leer,
24 sal Ek ook teen julle draai en julle persoonlik nog sewe keer meer straf vir julle oortreding.
25 Ek sal wraak neem omdat julle julle nie aan My verbintenis met julle gesteur het nie. Ek sal oorlog teen julle laat uitbreek. As julle in julle stede gaan probeer wegkruip, sal Ek maak dat daar siekte onder julle uitbreek. Julle sal die knie voor die vyand moet buig.